Atterbury Trust


Info

Contact Info:

Website: http://www.atterburytrust.org

Email: zahn@atterbury.co.za

Telephone: 0124711600

Social Media:

Description:

Opvoeding, kultuur, die bevordering van Afrikaans en sorg met waardigheid vir minderbevoorregte Afrikaanse mense... dit is die vier wiele waarop die Atterbury Trust loop. Ons gee om vir opvoeding deur studiebeurslenings aan behoeftige Afrikaanse studente te gee en ook die befondsing van infrastruktuurprojekte by skole. Beursstudente ontvang ook mentorskap en blootstelling aan die wêreld van werk deur hulle in kontak te stel met Atterbury se assosiate. Ons gee om vir Afrikaans deur ondersteuning aan die Atterbury Teater, GrootFM 90.5, die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), Karoo Suite boekverkope en Lucas Maree liedjieskryfkompetisie. Ons gee om vir kuns en kultuur deur betrokkenheid by Atterbury Nasionale klavierkompetisie en Pretoria se Cool Capital en skoleprojekte. Ons gee om vir sorg met waardigheid deur die Triomfkliniek in die weste van Pretoria. Dokters en spesialiste verskaf hul tyd gratis en behoeftige pasiënte ontvang 'n verskeidenheid van spesialisdienste gratis.