Reis ligter

articleImage

Ons verhuis eerdaags na n plekkie wat heelwat kleinre is as die lieflike pasrorie waarin ons tans woon. Ons termyn by die plaaslike geemente het nolu ten einde geloop en derhalwe skuif n hele paar belangriike dinge in ons lewens. Een daaarvan is ons adres.

Ons kinders wat sdertdien almal getroud is het vanuit student dae heelwat items wat by ons staangemaak is. Uiteraard het die tyd gekom dat elkeen self verantwoordelikheid aanvaar vir sy bagasie. Gister was groot ontruimingsdag. Sowat van pak het jy lanklaas gesien. Karlu se speelkamer was n groot uitdaging.

Honderde stukkies speelgoedm afkop soldaatjies, blokkeis van allerlei soort, legkaart stukkies ens. het in een groot sak geland. In hierdie lewe sal ons nie weer bymekaar gepas kry wat bymekaar hoort nie.

Ook ons moet nou baie baie ligter reis. Notas van studentedae se tyd af, kartondose vol cassette uit vervloee se dae, CDs en DVDs waarmee ek n eie Musica kan begin, stukkende gereedskap, elektriese ware ( drie stukkendes stofskuier met die oog op eendag gaanb ek dit laat regmaak), ens ens moet nou saam met die lappop op die ashoop land. ( julle onthou mos Doris Brasch se lappop liedjie). Koerante, tydskrifte, jare se Kerkbodes word bou herwinningsaanleg toe gestuur. Botteltjies, plastiek en andersinds wat die kombuiskas volstaan gaan saam.

Al die gepak en uitsorteer en weggooi en herwin en uitdeel het my laat besef hoe swaar n mens reis. Ons maak teen n vervbysterend spoed bymekaar. Die helfte onnodige gewig wat iewers n staanplek kry in ons lewens en spasie opneem van dinge wat belanbriker is. Emosioneel en geestelik dra on sook goed met ons saam wat lankal mee weggedoen moes gewees het. Dis spasie wat deur die Hielige Gees in beslaggeneem moet word.

Onvergewensgesindheid, ondankbaarheid, verwyte, bitterheid, afguns, vooroordeel, ens. ens. word staangemaak in n rees oorvol lewe en program. Dis tyd vir opruim, uitgooi, weggooi, uitdeel, herwin, saai maar reis veel ligter. Die lewe is te kort en te belangriok om aan spoke plek te gee in jou lewe.
Dalk tyd vir “huis” skoonmaak.

Ps dankie vir woorde van waardering en bemoediging, vir share en like. Waardeer dit so baie.


Groete, Jannie Pelser