Mannekamp 25-27 Augustus 2017

articleImage

Mannekamp 25-27 Augustus 2017- Shekinah Kampterrein, Mabula Wildreservaat, Bela Bela.

Aangebied deur: Manne van die Woord.

'n Mannekamp - waar die man van vandag kan wegbreek na 'n omgewing waar hy omring word deur die prag en stilte van die natuur om hom, terwyl sy siel gevoed word deur geestelike gemotiveerde aanbieders, wat fokus op God se Skeppingsdoel vir hom as man, eggenoot, vader en ook as ligdraer in die wêreld.

Die naweek skop af met n sessie op Vrydagaand, waar almal (wat van verskillende plekke en kerke af kom), die basiese doel en plan van God oor sy lewe verduidelik word.

Sonder 'n plan en strategie kan 'n man nie na die volgende vlak beweeg nie.

Saterdag gaan James Twine fokus op die beeld van God met Sy Vaderhart vir ons.

Wanneer 'n man God se hart verstaan, kan sy eggenoot en kinders die refleksie van God se liefde en hart meer sigbaar deur Sy manne beleef.

Saterdagmiddag

Die manne ontspan of rus en kan ook 'n wildrit deur die bekende Mabula Wildreservaat gaan ervaar.

Saterdagaand

Steve Ferreira fokus op die dinamika van hoe die verhouding tussen man en God moet wees.

Sondag

Die manne word n Tienpuntplan gegee om te gaan toepas en uitleef as hoopskepper van sy huis en omgewing.

Afsluiting:

Dinamiese getuienisse van die manne wat getuig van hoe hulle die lewensveranderde naweek in die natuur beleef het.