Moenie VANDAG misloop nie.

articleImage

Moenie VANDAG misloop nie.

Die lewe verloop in seisoene. Ons kom as afhanklike babas in die wêreld en sommige van ons sluit ons laaste hoofstuk op aarde ook so af. Tussenin lê daar wonderlike momente van ontdek, groei, beleef en vier.

Die lewe stel nie gedurig teleur as jy met verwagting leef nie. Menswees is ʼn wonderlike gawe en God se bedoeling was nie dat dit een uitgerekte drama sal wees nie.

Lag en huil, hoop en teleurstelling, gesond en siek, vervuld en gefrustreerd, dis alles deel daarvan. Maar die lewe is kosbaar, dis bekend, dis merkwaardig geskakeerd en groot.

Die werklikheid is dat die ouderdom ( as dit mens beskore is) dikwels met allerlei uitdagings gepaard gaan.

Die Prediker maan immers dat ʼn mens vreugde sal vind in jou jeug want daar kom dae dat...

Prediker 12:1 
Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het daar niks aan nie.”

En dan verwys die teks na al die kwale wat met die ouderdom gepaard gaan. 
Inteendeel.

Dit beteken nie dat ouer mense nie voluit kan lewe nie. Maar om jonk, energiek, gesond en gemotiveerd te wees is ʼn geleentheid en seisoen wat hom nie herhaal nie.

PREDIKER 11:9
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.

Onthou ook ʼn mens is so jonk soos jy voel.
Derhalwe al julle jonges -

Moenie VANDAG misloop nie
Dit gaan (te) gou verby


Groete, Jannie Pelser