Kom help ons in Appelpark asseblief.

articleImage

Ek verstaan God nie, waarom Hy vir my goed is terwyl ander swaarkry nie.

Dis onbegryplik behalwe dat Hy wil hê dat ek uit dankbaarheid wat ek het met ander sal deel. Dis wat ons by ToekomsVenster probeer doen. Appelpark se mense is spesiaal soos enige ander. Hulle het drome en aspirasies, maar die geleenthede is nie altyd daar nie.

Ons beplan ʼn reuse kersfunksie op 15 Desember wat deur ʼn paar dae se vakansieprogram voorafgegaan word. Ons hoop om groot en klein te bederf. Die tweede vleuel van die speelparkie wat nou reeds bekend is, word dan oorhandig as ons genoegsame fondse kan bekom om dit af te handel.

Sondag 16 Desember hou ons erediens. Die kinders droom oor fietse, skaatsplanke, elektroniese speletjies soos enige ander kind. By die skool vertel hul maatjies waarheen hulle met vakansie vertrek. Vir die meeste is dit ver van hul werklikheid verwyder. Die parkie sal dit vir hulle moet doen.

ToekomsVenster het u hulp nodig om hierdie projek in Appelpark te voltooi.
Ons behoefte is groot. Help asseblief.
 

Toekomsvenster
Standard bank
420629645
Kode 015841

 

Groete, Jannie Pelser