SEEKAMP

articleImage

Die CMR - Ring van Silverpark het 18 kinders geïdentifiseer wat die CMR op die seekamp wil stuur.  Hierdie kamp vind jaarliks plaas gedurende die Oktober skoolvakansie te TO strand.
Die geleetheid is elke jaar 'n ongelooflike verrykende en geestelike ervaring vir hierdie kinders. Dit kos R2400 per kind dan is alles ingesluit vervoer, verblyf en kos.
Graag wil ons hoor of u nie wil belê in 'n behoeftige kind se geestelike toekoms en 'n kind te borg of 'n donasie te maak nie.
U kan mev Dina Bosch skakel by 012 361-4613 of 076 156 2450 vir meer inligting, alternatiewelik kan 'n inbetaling gedoen word by Absa bank aan CMR Silverpark, rekeningnommer 4053201356, verwysing: Seekamp
Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning aan die CMR.