'n Storie van hoop uit Bronkhorstspruit

logo

‘n Bronkhorstspruit storie van hoop

17 Januarie 2018 was ‘n groot dag vir meeste kinders – almal kon weer skool toe gaan.

Hoe leer ‘n kind van 11 jaar indien hy nie behoorlik kan rus en warm kos kan geniet nie?

CMR Bronkhorstspruit (Ring van Silwerpark) was so bevoorreg om ‘n groot skenking van meubels en elektroniese toerusting te kon ontvang. Vannaand slaap *Willem* warm, in sy eie nuwe bed. Sy mamma kan ook nou ‘n bord warm kos voorsit uit die nuwe mikrogolfoond.

‘n Goeie nagrus en bord lekker warm kos - kan ‘n seun wat graag ’n droom het om eendag ‘n elektrisiën te word - net goed doen!

Dankie *Willem*, jou positiwiteit laat die CMR se harte warm klop!

Aan die donateurs van die ruim skenking wil almal by die CMR net ons grootste dankbaarheid oordra.