Ons verwelkom ons nuwe Ambassadeur, Leah!

articleImage

Graag verwelkom ons die sangeres, Leah, by die LTN Familie as ons nuwe Ambassadeur. Met meer as 1 miljoen trefslae op haar treffelied-musiekvideo "Met Jou Klere Aan", is dit verstaanbaar hoekom Leah op almal se lippe hang.

Leah is gebore en getoë in Belville, Kaapstad se noordelike voorstede. Leah is gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ’n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse.

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussen in, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker. Vandag is Leah toegerus met ’n 14-snit debuut album Wonderwerk wat in 2015 die lig gesien het het. Sy het ook onlangs die Bokkie-toekenning vir Nuweling van die Jaar ingepalm is en vir vier Ghoema-toekennings benoem. Haar liedjies soos "Volmaan", "Jou Liefde", "Meer As Niks" en "Maak My Dag" was gereeld gehoor op radio en sy is vereer met Goue Status vir haar Wonderwerk Deluxe Album in 2017 . Sy is ook huidiglik te sien op die 11de seisoen van die Kyk-Net program “Boer soek ‘n vrou”.

Leah se sukses ken geen perke nie. Sy het die musiekbedryf aant gons gehad met haar verskyning as Juffrou Du Bruyn in die silwerskermsukses-film “As jy sing” asook die onlangse "Susters" Film wat vrygestel is, waar Leah in die hoofrol saam met o.a. Diaan Lawrenson en Quanita Adams speel. Die temalied "Nooit Alleen" (duet saam met Jo Black" het die treffer ranglyste geklim en die onlangse "Selfie Song" met Kurt Darren en Snotkop het die land aan die dans gehad.

Leah was in 2016 die rol van 'Nina' aangebied in die dramareeks “Sterlopers”, ’n regte blondine wat baie omgee vir haar vriende wat ook in die toneel- en dansindustrie is en dit wil maak as ’n kunstenaar. Leah is ook gereeld te sien by die land se grootste feeste soos Innibos, KKNK en Aardklop.

Ons sien uit na die pad vorentoe saam met jou Leah! Vir besprekings, besoek gerus Leah se webwerf hier: http://www.leahlive.co.za.

#LTN

#Leah

#NuweAmbassadeur