Skoonseun Hansie Roodt het onlangs verjaar.

articleImage

Skoonseun Hansie Roodt 
(seun van die legendariese kitaarspeler) 
het onlangs dertig jaar oud geword. (ag waar is die dae!!)

Hy is deesdae deel van Heuning en die vrolike duo is op al wat ʼn treffersparade.

Klaar gespog.

So verjaar die knaap toe mos nou die dag en Ninquja, ons jongste en sy vrou, reël ʼn verrassingspartytjie vir hom. Sy maak poskaarte van alles wat in Hansie se geboortejaar (1988) gebeur het en dit wapper vrolik in die aandwindjie.

Rihanna is in dié jaar gebore, PW Botha is staatspresident van Suid Afrika, Australië speel in ʼn wêreldbeker rugby wedstryd teen New Zeeland en wen 25-12. Bruce Willis se fliek “Die Hard” sien die lig, Bobby Mcferrin se treffer “Don`t cry be happy” word bekend, cd’s verkoop beter as viniel langspeelplate en Ronald Wilson Reagan is president van die VSA om maar ʼn paar dinge te noem. (Laat my so dink aan die Frank Sinatra liedjie (it was a very good year”)

Die petrolprys was ʼn enorme 37c per liter. ( Those were the days).

Geboorte is die wyse waarop ons in hierdie wêreld inkom. Elke mens het potensiaal en die hemel dreun met verwagting.

Hierdie een gaan ʼn verskil maak.
Hierdie een gaan getrou wees.
Hierdie een gaan anders wees.

Ek wonder stellig hoe jy oor jou geboorte voel?
Daar is verskeie persone in die Bybel wat hul geboortedag verwens het. Job en Jeremia is twee van die bekendes. Waarskynlik Jona ook. Ek weet dit was n.a.v. omstandighede en iewers het hulle van gedagte verander.

Hoe behoort ʼn mens te voel oor jou geboortedag).
God ontsluit voor jou die geleentheid om die wêreld te verken, liefde te ervaar, verhoudinge aan te knoop, intimiteit te ervaar, gesinne te beleef, soveel aangename dinge te geniet.

Hy gun jou die geleentheid om Hom te ken, daarvan te vertel, in lof voor sy troon met ander te vergader.
Hy onderrig jou deur die dine wat gebeur, vorm Jesus se karakter in jou, vul jou met sy Gees en maak jou ʼn vennoot in die koms van sy Koninkryk.
So gesien behoort ʼn mens in verwondering te staan voor jou geboortedag.

Hoe voel jy oor jou hier wees?
Verwens jy dit ook of beleef jy die grootsheid daarvan?


Groete, Jannie Pelser