Mission Himpossible

articleImage

Tom Cruise op sy beste in “Mission Impossible”. 
Iewers kry hy ʼn opdrag wat na sy mening moeilik (difficult) gaan wees om uit te voer. Sy opdraggewer se reaksie is, “it`s not mission difficult, it`s mission impossible”.

Dit het my laat dink aan die opdrag waarmee die Here ons vertrou.

ʼn Heilige lewenswandel wat oorgegee is om God se wil onder alle omstandighede uit te voer en geen ander agenda as diens aan Hom en mekaar te hê nie.

Dis nie moeilik nie, dis onmoontlik, tensy die Heilige Gees ons bemagtig, toerus en bekwaam vir hierdie Goddelike roeping.

Daar is géén manier in die wêreld dat ons ʼn Godverheerlikende lewe kan lei as Hy ons nie in staat stel nie.

Die roep, invloed en aantreklikheid van die wêreld is net te sterk en die natuurlike mens net te swak om so gehoorsaam te wees.

Dank die Here vandag dat sy roeping, in wese onmoontlik (impossible), deur die toerusting en teenwoordigheid van sy Gees en in die oorwinnende opstandingskrag van Jesus Christus, moontlik word. 
Doodgewoon omdat dit “Himpossible” is. 
`Skuus vir al die woordspel maar ek dink dit dra ʼn belangrike waarheid oor.

Laat vaar jou eie pogings en begin om Hom doodluiters onvoorwaardelik te vertrou.

Hy sal jou nie teleurstel nie.

Ps. 34 Niemand wat sy vertroue in die Here stel word teleurgestel nie.